Oosies kook weer saam met Tannie Poppie

Tannie Poppie van Kokkedoor1 saam met een van haar gaste by verlede jaar se Oosterland-kookkompetisie.

SECUNDA – Hoërskool Oosterland se verbruikerstudieklasse bied op 24 Februarie die vierde Oosiesjefkookkompetisie aan.

Tannie Poppie van Kokkedoor1 is weer eens die beoordelaar.

Die program verander effens vanjaar omdat Hoërskool Delmas ook deel uitmaak van die kompetisie en dit saamval met wintersport by die skool wat meer blootstelling tot gevolg het.

Die kompetisie vind op Vrydag, 24 Februarie plaas in die vorm van ’n potjiekoskompetisie vanaf 2nm tot 8nm.

Tannie Poppie sal ’n kort praatjie voor die begin van die kompetisie lewer oor die vereistes, karaktertrekke en smaak van ’n potjie.

Die potjiekos gaan die aand verkoop word teen R25 per bakkie.

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Hoërskool Oosterland se wintersportspanne blink uit