Laerskool Secunda nooi jou na vroue-oggend

Arno Jordaan gaan die vermaak verskaf.

SECUNDA – Laerskool Secunda bied hul jaarlikse vroue-oggend saam met Lynco by Graceland Hotel en Casino op Saterdag, 25 Maart aan.

Deure maak om 8.30vm oop en alle vroue word genooi om dié gesellige oggend saam te gaan geniet.

Jana du Plessis, ’n voormalige onderwyser, skoonheidskoningin, onderwyser, besigheidseienaar, ma en vrou gaan haar lewensreis deel.

Sy het in haar lewe al talle hoogtepunte bereik, maar is nie onbekend met hartseer nie en wil graag hoop en vrede aan ander bring.

Van werk en sport beoefen, tot vrouwees tot ouerskap, glo sy dat daar altyd kans is vir groei en wil sy graag haar storie deel in die hoop dat dit ander sal motiveer.

Haar visie het verander van sportvrou na motiveringspreker en daar is vir haar geen groter passie in die lewe as om vir ander mense te kan hoop bring nie.

Arno Jordaan gaan die vermaak verskaf en die tema van die oggend is Aardetyd is Genadetyd.

Vir meer inligting of om kaartjies te bespreek, skakel Lizelle by 017 634 7612.

Kaartjies kos R150 per vrou.

  AUTHOR
Willemien Aukema
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Buciko Private Clinic opened its doors in Evander