Huiseienaars moet self opdok vir nuwe kragopwekkers

Groot kommer het die laaste ruk geheers nadat munisipaliteite nie Eskom kon betaal nie.

Die kragreus het gedreig om kragvoorsiening daagliks te onderbreek.

Die nationale regering het besluit dat die koste vir beide plaaslike munisipaliteite en belastingbetalers gesny moet word.

Hierdie nuwe metodes van kostebesparing wat vandeesmaand geïmplimenteer word, is wel onkonvensioneel, maar baie effektief.

Kragkonneksies aan privaatwonings sal met ’n self-aangedrewe kragopwekkende-toestel, wat direk krag aan huise sal voorsien, vervang word.

Dié kragopwekkers sal huishoudings meer as 50 persent spaar op hul maandelikse rekeninge en sal verhoed dat krag in die toekoms afgesny sal word.

“Ons dink dat die verbruiker die besparing sal verwelkom. Hierdie opwekkers is nie net ’n eerste vir Suid-Afrika nie, dis globaal die eerste stelsel van sy soort,” het mnr. Johannes de Klerk, ’n woordvoerder van die Departement van Openbare Werke, gesê.

Die prototipe van dié revolusionere opwekkers wat in Indië vervaardig word, is op Vrydag, 24 Maart deur die Departement van Openbare Werke goedgekeur.

Die opwekkers bestaan uit ‘n handvatsel wat gekoppel is aan twee pedale, amper soos ’n fiets, die pedale word vir enkele minute getrap en dié aksie laai ’n battery wat dan aan die huishouding krag voorsien.

’n Trapsessie van 10 minute wek genoeg krag op om ’n huishouding vir drie ure te hou.

“Mense wat hoër elektrisiteitgebruik het as ander, soos wonings met swembadpompe, sal net die opwekker langer moet trap om voldoende krag op te wek,” het mnr. De Klerk gesê.

Nie net spaar dié opwekkers die verbruiker baie geld elke maand nie, maar die vetsugepidemie in Suid-Afrika word ook aangespreek.

“Die belastingbetaler se kragonkoste verminder aansienlik en hulle sal ook gratis oefening kry en daarom word hierdie inisiatief ook deur die Departement van Gesondheid gesteun,” het dr. Aaron Motsoaledi, Minister van Gesondheid, gesê.

Die opwekkers sal op onkoste van die belastingbetaler installeer word, en sal verpligtend wees teen 2018.

 

Ontspan en kyk na die datum.

  AUTHOR
Carmen de Lange
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Let’s pay Eskom directly