Bethal-motoriste ly groot skade

Dié slaggat in Naudéstraat strek oor ’n hele baan en is meer as 20cm diep.

Plaaslike motoriste is deesdae gewoond daaraan om vir slaggate uit te swaai.

Dié dorp se padinfrastruktuur is al vir ‘n geruime tyd besig om te verswak en die herstelproses neem óf lank óf word glad nie gedoen nie.

Gronderosie, reën en waterlekke, asook swaar voertuie dra by tot die kommerwekkende swak toestand van die paaie.

Motoriste is al raadop omdat dit blyk dat die munisipaliteit geensins daaraan aandag daaraan gee nie.

Een van die kruisings wat die ergste deur slaggate geraak word, is die Du Plooy- en Clercqstraatkruising.

Voertuie kan deesdae skaars daar ry en word ook gereeld beskadig.

“As jy nie ’n 4×4 ry nie, is dit amper veiliger om op die sypaadjie te ry.

“Mens moet só versigtig om die gate ry, dat jy skoon vergeet om om vir ander verkeer uit te kyk,” het ’n Bethaller gesê.

’n Ander inwoner het gesê die slaggat voor haar huis is al so lank daar, dit moet as ’n monument gedoop word.

Die slaggat in Naudéstraat wat deur ’n waterlek vereger is, het ook tot voertuigskade gelei.

Dié gat strek oor ’n hele baan van die straat en is meer as 20cm diep.

Een motoris het op Facebook vertel hoe haar motor se buffer op twee plekke gebreek het toe sy en haar man per ongeluk deur Naudéstraat se slaggat gery het.

“Ons en drie ander mense waarvan ons weet, het al ’n band verloor weens slaggate op ons dorp,” het sy gesê.

Van die dorp se paaie, soos Malherbestraat, is wel besig om stadig maar seker herstel te word.

Govan Mbeki Munisipaliteit is om kommentaar genader, maar het nie teen druktyd reageer nie.

 

Dié slaggat in Naudéstraat strek oor ’n hele baan en het al motors beskadig.

Slaggate op die hoek van Clerq- en Du Plooystraat.

Slaggate op die hoek van Clerq- en Du Plooystraat.

Slaggate op die hoek van Clerq- en Du Plooystraat.

Slaggate op die hoek van Clerq- en Du Plooystraat.

 

  AUTHOR
Carmen de Lange
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Bethal sit Matla ore aan