Skole neem aan Mpumalanga-gholfliga deel

Bea Breedt (Hoërskool Balfour), Corlia van Bank (Hoërskool Secunda), Reandri Janse van Rensburg (Hoërskool Standerton) en Taegan Esterhuizen (Hoërskool Secunda) by die skolegholfliga wat op 21 April op Walkerpark Gholfbaan plaasgevind het.

Mpumalanga-skole se gholfspanne het op 21 April aan die tweede ronde van die skolegholfliga op Walkerpark Gholfbaan deelgeneem.

Hoërskool Secunda (54 punte) se tweedespan het die eerste plek in hul afdeling behaal. Hoërskool Standerton (53 punte) se tweedespan het die tweede plek ingeneem en Hoërskool Evander (47 punte) se tweedespan die derde plek.

Hoërskool Kriel (69 punte) se derdespan het eerste in die derde afdeling geëindig en Hoërskool Secunda (40 punte) se vierdespan het die vierde afdeling gewen.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

  AUTHOR
Carmen de Lange
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Gholfdag ten bate van AC Kerk