Bethal Rugbyklub vier eeufees met dinee

Bethal Rugbyklub hou op 24 Junie ’n braaistyldinee by Hoërskool Hoogenhout om die klub se eeufees te vier.

Die klub gaan twee wedstryde op Hoogenhout se veld speel, waarna die dinee in die skoolsaal plaasvind.

Gaste gaan deur RSG se rugbykenner, Deon Schoeman, en ’n gaskunstenaar vermaak word.

Bykosse word voorsien en drankies kan by die kontantkroeg gekoop word.

Kaartjies is teen R150 per persoon beskikbaar by Jorina Beeslaar van JB Agentskappe/Bethal Wapens.

Skakel me. Beeslaar by 017 647 6332.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

  AUTHOR
Carmen de Lange
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Bethal Rugbyklub klop Matla