Man dood nadat hy in Secunda met mes in oog gesteek is

Mnr. Louis van der Hoven (42) van Secunda is Maandag, 10 Julie dood nadat dokters die masjiene wat hom aan die lewe gehou het, afgesit het.

Hy het Vrydag, 7 Julie saam met sy vriende ’n besigheidskontrak wat goedgekeur is, gevier.

Op pad na die geleentheid, het hy langs die pad gestop om mense ’n saamrygeleentheid agter op sy bakkie te gee..

Hy het gesê hulle is welkom is om saam agter op die bakkie te ry omdat daar nie meer plek voor was nie.

Mnr. Louis van der Hoven (42) is Maandag, 10 Julie dood. Hy is met ’n mes in die oog gesteek wat tot in sy brein gegaan het.

Dié mense het tydens die rit glo begin baklei, waarna mnr. Van der Hover gestop en hulle gevra het om af te klim.

Hulle het afgeklim, maar een van die mans het ’n vrou begin aanrand.

Mnr. Van der Hoven het hom probeer keer, maar die man het hom met ’n mes in die oog gesteek.

Die lem het tot in sy brein gegaan.

Sy vriende het hom dadelik na die hospitaal geneem waar breinskanderings gedoen is.

Dit is egter bevestig dat hy breinskade opgedoen het en dat sy brein geskuif is.

Hy is later per helikopter na ’n hospitaal in Gauteng vervoer.

Masjiene het hom aan die lewe gehou, maar daar was gister geen breinaktiwiteit nie en hy is breindood verklaar.

Die masjiene is op 10 Julie afgeskakel.

Hy was by die Terra Nova-bouprojekte betrokke en laat sy vrou en drie kinders agter.

’n Saak van moord is by die Secunda Polisiestasie geopen.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Kinross-boer (64) vermoor en in sy uitgebrande bakkie gevind