Vyf-jarige gestremde seuntjie ken nie van moed opgee nie

Skyler Bam (5) is op 28 weke gebore, is serebraal gestremd, maar sedert hy aan die begin van die jaar begin praat het, kry mens nie sy mondjie stil nie.

Buiten sy gestremdheid, ly hy ook aan ADHD, kry spierspasmas, het kroniese refluksiekte, longprobleme en kry ook epilepsie.

Dit striem hom egter geensins nie, want dié vriendelike seuntjie is borrelend, is baie aktief en is gek oor strokiesprente.

Sy ma, me. Belinda Bam, het vertel dat hy op Empangeni deur middel van ’n noodkeisersnee gebore is en het na geboorte bloeding op die brein opgedoen.

Hy was twee maande in die intensiewe sorgeenheid en het op sewe weke hartstilstand gehad.

Die dokters kon hom weer bybring.

Sy suikervlak op sewe weke oud was 24,7.

Vandag is Skyler se suikertelling normaal en is hy glad nie ’n soettand nie.

Hy het reeds twee operasies aan sy linkerbeen ondergaan en ’n derde operasie word vir sy linkervoet beplan.

Daar is ook ’n moontlikheid dat ’n operasie later van tyd op sy regterbeen uitgevoer sal word.

Hy eet nie baie goed nie en het die gewoonte aangeleer om klein bietjies te eet, ses tot agt keer ’n dag.

Skyler se ouers het vroeër vir hom Pedisure gekoop, maar dit is geweldig duur so hulle kan dit nie bekostig nie.

Me. Bam kan nie gaan werk nie omdat sy self na Skyler kyk.

 

Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

  AUTHOR
Wilma van Vuuren

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Inwoners van Davieshof dankbaar vir spoedhobbel