Bethal Rugbyklub klop Matla 31-0

Steven Bucknall druk ’n drie tydens Bethal Rugbyklub se wedstryd teen Matla. (Foto: Trevor Aingworth: Witbank Nuus)

Bethal Rugbyklub het behoorlik stof in Matla Rugbyklub se oë geskop nadat hulle dié span met 31-0 geklop het.

Die telling was teen rustyd 26-0.

Die puntemakers vir die dag was Jandré Bekker met ’n driekuns in drieë en Steven Bucknall en Hanro Smit met een drie elk.

Slegs drie van dié drieë is verdoel deur Hanro Smit.

Die voorryspeler van die wedstryd is Johan (Bees) Beeslaar.

Jandré Bekker is die agterryspeler van die wedstryd.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Bethal Rugbyklub klop Matla