Dis nooit te laat om genesingpad te begin nie

Me. Amanda Haywood wil graag ’n pad van genesing saam met mense wat seerkry ondervind het en stukkend is, begin stap. Sy skryf ook vir en versprei tans die Lady Rose-tydskrif.

Me. Amanda Haywood ken die pad van misbruik en geweld as kind.

Sy het baie traumatiese ondervindings as kind en volwassene deurgemaak.

“Ek wil almal daaraan herinner dat hulle nooit moet stilbly nie.

“Moenie bly leef met die seer of pyn nie.

“Trane is diamante van sterk wees.

“Al het daar iets jare gelede met jou gebeur of nou onlangs, praat daaroor.”

Juis daarom wil sy ander vroue ook help om ’n pad van genesing te kan stap, maak nie saak of dit net geweld, molestering, verkragting of alles saam was nie.

Me. Haywood is reeds vyf jaar besig met die bediening van en hulp vir mense wat erg trauma, geweld en misbruik deurgemaak het.

 

Me. Haywood skryf vir en versprei ook nou die Christelike tydskrif Lady Rose.

Dit het oorspronklik net op vroue gefokus.

Dit handel daaroor dat vroue hul identiteit in God moet vind.

Artikels in dié tydskrif handel ook nie oor beroemde mense nie, maar gewone mense wat alledaagse dinge moet deurmaak.

Dié tydskrif is vir die eerste keer in Oktober 2016 uitgebring en word tans elke derde maand vrygestel.

Vanaf die derde uitgawe word daar ook gedeeltes vir mans en kinders ingesluit, hoewel die hooffokus vroue is.

Saam met die Lady Rose, het hulle ook ’n profetiese parfuumreeks.

Wanneer sy nie met die Lady Rose of die bediening besig is nie, verkoop me. Haywood ook kussingslope waarop daar Bybelverse gedruk is.

Sy wil die Here se beloftes naby haar hou, selfs terwyl sy slaap.

As jy jou pad van genesing wil begin stap of belangstel om inspirasie deur die Lady Rose te kry, skakel me Haywood by 082 446 0013.

Me. Amanda Haywood wil graag ’n pad van genesing saam met mense wat seerkry ondervind het en stukkend is, begin stap. Sy skryf ook vir en versprei tans die Lady Rose-tydskrif.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Go Purple op Trichardt help met genesing na verkragting en geweld