Sasol Posduifklub se wedvlugduiwe vlieg vir eerste plek

Gunter Eiber van Eiber & Neethlingspan se duif het die wedvlug vanaf Hanover na Secunda gewen.

Lede van die Sasol Posduifklub se wedvlugduiwe het op 2 September aan ’n wedvlug deelgeneem en vanaf Hanover teruggevlieg na Secunda en omgewing.

Die duiwe het ’n afstand van 688km afgelê en een van Eiber & Neethlingspan se duiwe het die wedvlug gewen in die ope-afdeling, duiwe wat ouer as ’n jaar is, met ’n spoed van 1 362,21 meter per minuut.

Dié span se ander duiwe het ook tweede en sewende plekke behaal, terwyl Corrie Pretorius se duif derde geëindig het, Frik Stander se duif vierde, Boeta Homan se duiwe het vyfde en negende plekke behaal, die Viljoen-gesin se duif het ’n sesde plek behaal, Piet van der Heever se duif het ’n agtste plek behaal en die H&B Hokke-span se duif het ’n 10de plek behaal.

In die jaaroudafdeling vir duiwe wat ’n jaar en jonger is, was Jan Badenhorst se duif die een wat eerste sy huis gekry het met ’n spoed van 1 334.63 meter per minuut.

Duiwe van H&B Hokke-span het tweede, vierde en vyfde plekke behaal, Boeta Homan se duif het ’n derde plek behaal, die Viljoen-gesin se duiwe het sesde, sewende en 10de plekke behaal en die Britz&Seun-span se duif ’n agtste plek.

Vir meer inligting of om by die posduifklub aan te sluit, skakel Nico Britz by 082 903 9534.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Gunter Eiber van Eiber & Neethlingspan se duif het die wedvlug vanaf Hanover na Secunda gewen.

Jan Badenhorst se duif het die jaaroudafdeling gewen.

  AUTHOR
Jana Oosthuizen

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Stanley van Sasol Posduifklub se duiwe vlieg vinnigste