Bethal-boer stel nasionale rekord op

Mnr. Neil Bouwer (tweede van links) het die nasionale kompetisie vir die sojaboonplant met die meeste peule aan, gewen. By hom is mnr. Stefan Jacobs (MBFi), me. Melanie Davenport (MBFi), mnre. Charles Pentz (skoolhoof van Laerskool HM Swart), Danie Nel (voorsitter van die skool se beheerliggaam) en Braam Schoeman (Oosvaal Landbou).

Mnr. Neil Bouwer, ’n boer van Bethal, het die afgelope seisoen die MFBi se nasionale sojaboonkompetisie gewen.

MBFi het ’n kompetisie geloods om ’n Suid-Afrikaanse rekord vir die sojaboonplant met die meeste aantal peule aan een plant, op te stel.

Volgens mnr. Stefan Jacobs van MBFi, was daar baie inskrywings wat die oë laat rol het, maar mnr. Bouwer het ’n plant ingeskryf wat 781 volledig ontwikkelde peule gehad het en tans die MBFi se nasionale rekord is.

Mnr. Bouwer skryf sy sukses toe aan hoë gehalte produkte wat goed nagevors is en op die regte stadium van die plant se fisiologiese ontwikkelingsfase toegedien word.

Van MBFi se produkte wat deel was van mnr. Bouwer se program, sluit in MicrostarZn, Rizoliq, Premax, Nzyme Plus, X-Press Functional, X-Press MoB en Twister.

Mnr. Bouwer het nie net die nasionale rekordhouer geword nie, maar ook ’n kontantprys van R50 000 gewen.

Hy het besluit om dié prys met sy gemeenskap te deel.

Hy het Laerskool HM Swart genomineer om in 50 persent van sy kontantprys te deel.

Dié skool het dus R25 000 ontvang.

“Ons by MBFi wil almal vir hul deelname bedank en veral Oosvaal Landbou vir die poging om ’n rekord op te stel,” het mnr. Jacobs gesê.

“Ons wil elkeen aanmoedig om meer moeite te doen in die seisoen wat voorlê sodat ons kan sien wat die ware potensiaal van ’n sojaboonplant is.”

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

  AUTHOR
Jana Oosthuizen

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Youth League accuses Angie Motshega of dividing ANC in the province