Hoërskool Hoogenhout word 100 jaar oud, wees deel van die feesvieringe

Liebenhof koshuis.

Hoërskool Hoogenhout word 100 jaar oud en indien jy ’n oud- of huidige Hoogie is, word jy genooi om deel van die feesvieringe te wees.

Die feeskomitee beplan ’n feesjaar sodat elke oud-Hoogie ten minste een van die geleenthede sal kan bywoon.

Die skool is tans opsoek na die kontakbesonderhede van oud-Hoogenhouters, veral dié wat nie toegang tot die internet, veral Facebook, het nie.

Inligting van prestasies wat bereik is, toekennings en veral diegene wat interessante staaltjies van hul skooljare het om te vertel, moet ook so gou as moontlik met die skool kontak maak.

Mense wat aandenkings het soos ou programme, skoolklere, foto’s of koerantuitknipsels wat vir die eeufeesbundel gebruik kan word, sal dit waardeer word as dit gebruik kan word.

Dit wat nie aan die skool geskenk kan word nie, sal terugbesorg word aan die eienaars.

Datums wat reeds vir die feesjaar bevestig is, is:

– Top 10 Atletiek – 31 Januarie.

– Inhuldiging van die beeld – 10 April.

– Black Tie Dinee – 13 April.

– Informele kuiergeleentheid – 14 April.

– Gholfdag – 17 Mei.

– Opelugpiekniek met Jan Braai – 18 Mei.

– FNB Classic Clash (Hoogenhout vs Ermelo) – 19 Mei.

– Wintermark met kunstenaar – 25 Augustus.

– Massa reünie – 22 September.

Vir navrae, skakel Elizma by 017 647 6328 of stuur ’n epos na [email protected]

 

For free daily local news in the South, visit our sister newspapers HighvelderStanderton Advertiser
For more news and interesting articles, like us on Facebook, and follow us on Twitter and Instagram

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Sasol says it complies with Atmosphere Emission Licences (AEL) reguirements