Doug en Cecele Kelly was tot nou pleegouers van 92 kinders in Leandra

pleegouers
Hulle het sedert hulle begin het om kinders in pleegsorg te neem, al 92 kinders daar gehad.

Mnr. Doug en me. Cecele Kelly is pleegouers van 14 kinders.

Hulle woon op ’n plaas buite Leandra en hul pleeghuis se naam is Beth Salem wat huis van vrede beteken.

Baie kinders het inderdaad al vrede gevind in die Kelly’s se huis.

Sy het in 1985, nadat sy ’n praatjie oor pleegsorg op Radio Kansel gehoor het, besluit om kinders in pleegsorg te neem uit dankbaarheid teenoor die Here.

Dié egpaar ken die pad van swaarkry en het deur die jare geleer om regtig op die Here te vertrou om in al hul behoeftes te voorsien.

Hulle maak 14 kinders groot op haar onderwyssalaris en mnr. Kelly se pensioen en kry geen hulp van die regering nie.

Me. Kelly moet tans twee keer in die oggende en in die middae ry om al die kinders by die skool en kleuterskool te gaan aflaai en optel.

Van die kinders neem aan sport en ander aktiwiteite deel, dan moet me. Kelly hulle ook gaan op- en aflaai.

’n Groter voertuig sal die egpaar baie help om net een keer ‘n dag te ry.

Me. Kelly het hul vriende wat hulle ondersteun, bedank en gesê sonder hul ondersteuning sou sy nie die pleeghuis kon bestuur nie.

As jy hulle wil ondersteun of ’n bydrae wil lewer, skakel me. Kelly by 083 659 2506.

 

Lees die volledige artikel in die Ridge Times wat vertel oor die egpaar se biologiese kinders waarvan twee met Turner-sindroom gebore is.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

pleegouers

Hulle het sedert hulle begin het om kinders in pleegsorg te neem, al 92 kinders daar gehad.

  AUTHOR
Jana Oosthuizen

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Highveld Ridge SPCA still need food for animals for next month and the month thereafter