Feestye vir die inniPark Fees 2017

Inskrywings vir die fietswedren en Mnr en Mej Fees is R50 per persoon en inskrywingsvorms is by die skool kantoor beskikbaar.

Dit is amper weer tyd vir vanjaar se Laerskool Secunda inniPark Fees wat op 26 Augustus aangebied word.

Minstens 4000 mense het laasjaar dié fees bygewoon.

Jy kan twee kaartjies vir die fees wen.

Die kompetisie vind op die Facebook blad “inniPark Fees 2017” plaas.

Die inniPark Fees word in die groenstrook, agter Sasolklub gehou.

Toegang beloop R80 vir volwassenes, R50 vir hoërskoolleerlinge, R50 pensionarisse (met bewys van pensionariskaart) en R30 Laerskoolleerlinge en kleuters.

Kaartjies sal by die hekke te koop wees.

Baie vermaak en pret is heel bo aan die lys met bekendes soos, DJ Ossewa, Gerhard Steyn, Ray Dylan en Dirk van der Westhuizen.

PJ Pretorius, wat bekend vir sy optredes in The Voice SA is, sal ook daar optree.

Kinders sal vermaak word met ’n vetoning deur Babalela.


Die kleinspan sal ook besig gehou word met springkastele, ponieritte, trekkertjie-ry en ander kinderspeletjies.

Feestye is as volg:

-Babalela 10vm tot 11vm
-Mnr en Mej Fees 11vm tot 11.45vm
-Dirk van der Westhuizen 12nm tot 1nm
-PJ 1nm tot 2nm
-Ray 2nm tot 3nm
-Gerhard 3.15nm tot 4.15nm
-DJ Ossewa 4.30nm tot 5.30nm

Stalletjies is beskikbaar vanaf R350.

Neem ook deel aan die fietswedren vir deelnemers 7 jaar en jonger tot en met 14 jaar.

Jy kan die volgende Mnr of Mej Fees wees.

Enige iemand tussen die ouderdom van 3 tot 20 Jaar is welkom om in te skryf.

Inskrywings vir die fietswedren en Mnr en Mej Fees is R50 per persoon en inskrywingsvorms is by die skool kantoor beskikbaar.

As daar besighede is wat belangstel om as borg op te tree kan die skool kantoor gekontak word.

Vir meer inligting skakel Lizelle by 017 634 7612 of [email protected]

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Kyle vier 11de verjaardag tuis